Dis
vandag groot opgewondenheid hier by die Nelle. Nege-uur vanoggend
laai hulle my Mosbolletjie in haar Limozine, dis nou die een met die
flitsende rooi ligte en die sirene wat “Pieee-Pôôô, Pieee-Pôôô”
maak. Sy het promosie gekry na Entabeni se rehabilitasiesentrum. En
as sy vandag op haar voete kon staan, het sy op en af gespring van
opgewondenheid! Maar binnekort gaan sy dit nog doen!
Dis
baie harde werk, en waarskynlik baie pyn en smarte wat voorlê, maar
dis 'n reuse tree vorentoe, en ons is die Here oneindig dankbaar vir
hierdie wonderlike voorreg.
Gisteraand
het daar 'n kring vrouens om haar hospitaalbed gestaan om te help met
die inpak en beplan. Gistermiddag bring dierbare vriende vir haar die
mooiste klere om daar te dra, en een van die selgroepe koop vir haar
slaapklere sodat sy nou uit daardie aaklige, onvroulike
fraaibloufrokkie van die hospitaal kan uitstyg en 'n splinternuwe
lewe aanpak.
Dankie
aan al ons wonderlike vriende wat ons so op die hande dra. Deur
hierdie hele tyd het ek nog nooit nodig gehad om 'n enkele bord kos
self te maak nie. Ons vrieskas word permanent aangevul met oondklaar
geregte, sodat ons net in die aand in die hardloop 'n bakkie uithaal
en warm maak. Dit is Ballito se selgroepe wat sulke wonderlike
omgeemense is! Liefde word sigbaar en prakties uitgeleef in hierdie
gemeente van Ballito Gesinskerk!
Hello daar Bettie en Louis ons is baie bly om te hoor dinge vorder daar met julle. Dit is werklik wonderlik om te hoor julle het sulke wonderlike mensies daar wat julle bystaan. Dit klink soos een groot familie waarlik. Bettie ons hoop jy is gou gou oor die swaar uitdagende tyd om weer te kan loop en jou self weer wees nog voor die einde van die jaar. Dit kan net n sukses wees met so baie positiewe mense om jou. Bid elke dag en dink aan jou en familie. Ek het n whatsapp gekry van jou hooray en het een weer terug gestuur.Sterkte liefde Lynda en familie.Het n foto hier tussen my ouers se ou albums ontdek n ruk gelede waar ek en jy op die stoep in Kradok staan met oupa ouma ons ouers en oud ouma ek en jy met ons katjies spier wit is hulle. So van kleins af was ek baie life vir katte gewees en nou nog mal oor hulle. Het vier wat op die bed saam slaap.xxx
AntwoordVee uit