Dinsdag 25 Augustus 2015

Bettie: Woensdag 26 Augustus 7:00vm


Gistermiddag het ons wonderlike nuus gekry: Die mediese fonds het uiteindelik na 'n week se geroei en gestoei besluit om Bettie se rehabilitasie goed te keur in Entabeni. Ons is albei in die wolke!
Maar nou wag ons weer vir Entabeni, want daar is steeds nie 'n bed vir haar beskikbaar nie. Dit kan moontlik nog twee weke duur voordat sy daar opgeneem kan word. Bid asseblief saam met my dat daar wel baie spoedig 'n opening sal kom. Intussen gee Bhavita, die klein fisioterapeutjie haar 'n harde tyd om lewe in haar spiere te kry. Ek bewonder die klein vroutjie wat soveel krag het om Bettie te kan hanteer!
En intussen gaan dit elke dag 'n klein bietjie beter. Sy is deurgelĂȘ en sat vir die bed, maar die vordering maak deur en deur op daarvoor.
Baie dankie vir julle ouens wat kommentaar lewer op hierdie blok. Ons waardeer dit meer as wat julle sal dink. Bettie lees elkeen van hulle, en dan huil sy lekker, omdat sy weet dat daar mense is wat waarlik omgee.

1 opmerking:

  1. Baie sterkte. Ons gebede is met julle.
    Baie liefde en groete
    Leatitia

    AntwoordVee uit