My
Mosbolletjie is gisteraand baie opgewonde om my die nuus mee te deel:
Die dokter is tevrede dat sy sodanig herstel het dat sy dalk teen die
naweek na 'n algemene saal oorgeplaas kan word. Om uit die
waakeenheid met al sy drama en alarms en klokkies en nimmereindigende
gewoel en gewerskaf te kan ontsnap, is 'n reuse stap vorentoe.
Die
enkele groot probleem wat sy nou het, is dat sy steeds nie die
gebruik van haar bene het nie. Maar dit is ook stadigaan besig om te
verbeter. Gister het sy vir die eerste keer haar voete op die grond
gehad en probeer staan met 'n loopraam.
Die
fisioterapeut sê dat dit noodsaaklik is dat Bettie 'n tyd lank in 'n
rehabilitasiesentrum sal moet deurbring. Die naaste een is in die
Entabeni Hospitaal in Durban. Dit is nog 'n groot berg wat vir ons
voorlê, maar hóm sal ons ook klim, treetjie-vir-treetjie.
Ek
is baie dankbaar vir die vordering, en ek wil weereens baie dankie sê
vir elkeen wat getrou vir haar bid en ons op die hande dra met hulle
liefde en bemoediging.
Prys die Here! Well done Bettie! Never look down, always up and forward. We give thanks to our Lord for the good news of your improvement. I always say to my fellow pilgrims...'walk don't run' :) and now also saying to you 'walk don't run'. Love you cuzzie! x En Louis, great example of a loving and caring husband...saluut ou boet!
AntwoordVee uit