Maandag 03 Augustus 2015

Bettie: Dinsdag 4 Augustus 8:00vm


Bettie was gisteraand opgeruimd en sy gesels baie lekker. Sy verstaan baie goed waaroor dit alles gaan, en sy besef selfs dat hierdie verskriklike siekte haar dalk permanent kan verlam. Die dokters het haar baie goed ingelig oor presies wat dit behels. Nogtans is sy steeds uiters positief.
Ons glo natuurlik dat sy totaal sal herstel. Sy reageer baie goed op die behandeling. Die witbloed telling het al mooi afgekom – iets wat baie positief is. Haar niere was aanvanklik ook aangetas, maar hulle funksioneer nou weer normaal. Sy sukkel nog 'n bietjie met die longe, maar dit is ook stadigaan besig om te herstel.
Sy kry steeds twee keer per dag 'n pak slae van die fisioterapeut en sy kry dagliks 'n sessie dialise sowel as bloedplasmavervanging.
Al wat Bettie op hierdie stadium onderkry, is die ongemak van dosyne pypies wat oral in haar lyf in die are ingeprop is, en die netwerk van drade. En sy is deurgelĂȘ! Sy mag nie roer uit die bed uit nie!
Bettie vra dat ek vir elkeen wat vir haar bid en vir die sakke vol boodskappies van bemoediging uit haar hart uit baie, baie dankie sĂȘ. Ook vir die talle vriende wat haar kom besoek en bemoedig. Elke besoekie maak haar dag!


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking