Sondag 02 Augustus 2015

Bettie se toestand: Sondag 2 Augustus 1:30nm


Bettie lyk vanoggend baie goed, nadat sy gistermiddag 'n harde tyd gehad het. Sy is opgeruimd en gesels lekker, en sy het sommer 'n streep besoekers gehad. Sy kry steeds aarvoeding maar stadigaan begin sy weer eet. Sy is gister “opgegradeer” na groen jellie, en sy sien uit daarna om vandag kapokaartappels te kan eet.
Haar grootste frustrasie is die toestand van haar hare: dit is meer as 'n week laas gewas, en dit is olierig en hang toutjies.
Sy het vandag “afgekry” van die dialise, maar more gaan hulle weer volstoom daarme voort, om plasmavervanging te doen. Dit is uitputtend. En dan is daar nog die “pyn-mechanic” wat haar kort-kort kom verrinneweer. Ek deur dit alles lag sy positief! Maar dit is die talle gebede wat haar deur dit alles dra!

1 opmerking:

  1. Ek is baie bly dit gaan beter, baie sterkte vir wat nog voorlĂȘ. Maar lyk my die ergste is agter die rug. Sterkte Bettie en Louis.

    Groete
    Alice

    AntwoordVee uit