Toe
ek gisteroggend by my Mosbolletjie kom, is sy in trane. Elke dag kom
trek hulle bloed vir toetse, en hulle kry nie are nie. Haar arms en
polse en hande is potblou soos wat hulle die naalde indruk en karring
om bloed op te spoor. En dis bitter seer!
Boonop
het die dokter haar kom meedeel dat hulle van besluit verander het
oor die bloedplasma, en dat hulle nog een laaste omruiling moet kom
doen. En hierdie marteling lê soos 'n berg voor haar. Dit is nie
pynlik nie, maar dit tap haar energie en laat haar sommer net mislik
voel.
Maar
toe ek gisteraand by die waakeenheid instap, sien ek haar breë
glimlag al sommer op 'n afstand. Die plasmavervanging is verby. Maar
dis nie al nie: die narkotiseur was by haar, en sy het vir my
Mosbolletjie 'n “airline” ingesit. Soos ek dit verstaan, is dit
'n pypie in 'n aar in haar voet, met 'n kraantjie aan. En wanneer
hulle bloed wil hê om te toets, draai hulle net die kraantjie oop.
Niks meer gekarring met naalde in haar hande nie! Sy is in die wolke!
Maar
dis nie al nie: haar regterbeen, wat nog al die tyd onbeweeglik daar
gelê het, begin sy nou bietjies-bietjies beweeg. Met 'n bietjie hulp
van die fisioterapeut, kom sy nou gereeld regop en sit op die kant
van die bed met haar voete op die grond. Die pad na herstel het
uiteindelik begin!
Ek
kan nie meer wág dat jy huistoe kom nie, my Mosbolletjie!
Hi Louis, this is Johan Leach, Bettie's cousin. I am so sorry I did not pick up this mail sooner re Bettie. I have been out of range here in the bush. Please tell Bettie we are praying for her and that she is much loved even though we have not seen one another in decades. And VASBYT to you as well my boet, i know it cannot be easy. Groete en ons Heer se rykste seen.
AntwoordVee uitBaie dankie Johan, ek sal vir haar sê. En baie sterkte vir julle daar in die bos.
Vee uit