Saterdag 01 Augustus 2015

Bettie se toestand - opgedateer 1 Augustus 1:30nm


Bettie is vanoggend opgeruimd en sy gesels lekker. Sy kry nou oor aarvoeding en sy eet dus nie. Maar sy het in elkgeval geen eetlus nie. Sy trek selfs haar neus op vir sjokolade!
Hulle doen nou ook dialise met 'n ander masjien. Volgens wat ek verstaan, is dit om die bloed teenliggaampies te verwyder. Dus word daar twee verskillende soorte dialise op haar gedoen.
Bettie stuur baie liefde en groete aan almal wat sy ken en almal wat in haar belangstel. Baie dankie vir almal wat ons oorval met liefde in hierdie moeilike tyd.

1 opmerking:

  1. Liewe Louis,
    Ek hoop dat dit elke dag beter sal gaan met Bettie. So jammer om te hoor van haar swaarkry. Ek hou julle in my gebede

    Liefde
    Sonia Campbell-Gillies

    AntwoordVee uit