Vrydag 31 Julie 2015

Bettie se toestand - opgedateer 1 Augustus 8:00vm


Bettie se toestand - opgedateer 1 Augustus 8:00vm
Ek wil net eers baie, baie dankie sê vir talle e-posse, oproepe en boodskappies op my selfoon wat my en Bettie bemoedig in hierdie moeilike tyd van beproewing. Ons waardeer dit opreg.
Gisteraand tydens besoektyd het Bettie weer baie beter gelyk. Sy het lekker gesels en selfs weer met die susters geskerts.
Die fisioterapeut het haar gistermiddag 'n hewige pak slae gegee om die longe te probeer skoonkry. Daar is ook x-straalplate geneem van haar ingewande. Hulle het egter die x-straalmasjien na haar toe gebring in die waakeenheid en dit gedoen sonder dat sy geskuif is, so vertel sy my.
Ek dink dat dit te veel moeite sou wees om haar na die x-straalkamer te neem, want daar is talle pype en drade aan haar gekoppel, en daar is nie minder nie as 9 sakkies met allerhande soorte medikasie wat gelyktydig in haar are drup. En elke sakkie het sy eie masjien en monitor. Dit lyk erger as 'n Boing se stuurkajuit!
Bettie is positief en opgeruimd, maar ek kon sien dat sy baie moeg en swak is. Ek sal na vanoggend se besoek weer 'n opdatering gee.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking