Maandag 07 Julie 2014

Om Kerk Toe te Gaan
Hier by ons op die koppie is dit vandag bitter koud en die reën sif saggies neer. Ek moet netnou uit, maar ek voel nie verskriklik gemotiveer om die weer te trotseer nie.
Gister se Erediens was weereens vir my 'n wonderlike belewenis. Ja, die dominee het 'n treffende boodskap gebring, maar dit is nie waaroor dit werklik gaan nie – dit is maar deel daarvan.
'n Erediens is in die eerste plek daar vir ons om aan God eer te bewys. Die hele erediens moet rondom Hom draai, en nie wat ek daar uitkry nie. En ek dink ons het gister goed daarin geslaag om daardie doel te bereik.
Maar persoonlik het ek ook baie daaruit gekry, veral daardie heerlike saamwees met my medegelowiges. Dit is die plek waar ons mekaar versterk en moed gee vir ons taak in die Koninkryk. Ek het dit bitter nodig – dit hou my aan die gang en brandend.
Nou wonder ek net: as jy maar net die kerkdiens op TV kyk en nooit in die erediens kom nie, hoe kan jy nog funksioneer as gelowige? Natuurlik is daar mense wat weens siekte of omstandighede nie 'n ander keuse het nie. Maar as jy daardie keuse het........ ek wonder maar net.
Louis

1 opmerking:

  1. Indien jy ander sieninge het oor die bywoon van Eredienste, sal ek graag wil hoor wat jou motiveer om eerder die diens op TV te kyk as om 'n erediens by te woon. Skryf asseblief vir my.
    Louis

    AntwoordVee uit